Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 5

Bedrog en kullery.

Bybelteks(te)

13“Jy mag nie met gewigte werk wat nou sus dan so, nou groot dan klein is nie.

14“Jy mag nie met inhoudsmate werk wat nou sus dan so, nou groot dan klein is nie.

15“Jy moet billik en regverdig afweeg en afmeet. Dan sal jy lank leef in die land wat deur die Here jou God aan jou gegee word.

16“Die Here jou God het 'n afsku van almal wat oneerlik is en ander bedrieg.”

DEUTERONOMIUM 25:13-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

1Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie;

net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

SPREUKE 11:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie;

wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.

19Die lewe lê voor vir wie by die reg bly,

die dood wag vir wie aanhou kwaad doen.

SPREUKE 11:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

35“Julle mag nie bedrog pleeg wanneer julle meet of weeg of inhoud bepaal nie. 36Julle moet 'n betroubare skaal en die regte gewigte en inhoudsmate gebruik. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. 37Gehoorsaam al my voorskrifte en bepalings en leef daarvolgens. Ek is die Here.”

LEVITIKUS 19:35-37AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Luister hierna, julle wat arm mense vertrap,

julle wat die mense in nood in die land wil uitroei.

5Julle sê: “Wanneer is Nuwemaan verby

dat ons koring kan verkoop,

of Sabbat, dat ons ons graanwinkels weer kan oopmaak

en minder graan vir meer geld kan verkoop?

Ons laat die skaal mos kul soos ons wil!”

6Julle verkoop arm mense vir geld,

behoeftiges oor 'n paar sandale,

julle verkoop selfs die koringkaf.

7Die Here het 'n eed afgelê by Homself,

by Hom wat die trots van Jakob moes gewees het:

Ek sal nooit vergeet wat hulle gedoen het nie!

9Om die Here te dien, dit is wysheid.

Die Here roep die stad;

luister, leier en julle almal wat aanhou roof:

10Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra,

of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat?

11Moet Ek die eienaar van 'n onbetroubare weegskaal vryspreek,

een met 'n sak vol vals gewigte?

12Die stad se ryk mense pleeg geweld,

sy inwoners lieg en hulle bedrieg.

13Daarom het Ek jou begin straf;

Ek het jou begin verwoes oor jou sondes.

14Jy sal eet en nie genoeg kry nie;

jy sal honger bly.

Jy sal geboortepyne hê,

maar nie 'n kind in die wêreld bring nie.

En wanneer jy 'n kind in die wêreld bring,

gee Ek hom vir die swaard.

Ons hoor al hoe meer van mense wat geld vra vir dienste wat hulle nie gelewer het nie of vir goedere wat hulle nie voorsien het nie. In die Bybel se tyd het skale, gewigte en inhoudsmate ‘n belangrike rol gespeel wanneer pryse vasgestel is. Dit het aanleiding gegee tot die vereiste dat daar eerlik afgeweeg en handel gedryf moet word.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS