Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 4

Korrupsie en omkopery.

Bybelteks(te)

27Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie;

'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings.

SPREUKE 12:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

4hy wat dié verag wat deur God verwerp is,

maar almal eer wat die Here dien;

wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,

5sy geld nie op rente uitleen nie

en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie.

Wie hom hieraan hou,

sal nooit wankel nie.

PSALMS 15:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Dit is nie reg dat mense partydig is en sondig nie,

selfs nie ter wille van 'n stukkie kos nie.

22'n Inhalige mens wil gou ryk word;

hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie.

SPREUKE 28:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Afpersing maak van 'n verstandige mens 'n dwaas,

'n omkoopgeskenk vernietig die goeie oordeel.

PREDIKER 7:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit word al hoe moeiliker om eerlik besigheid te doen. Omkopery en korrupsie is besig om die norm in sekere sektore van die ekonomie te word. Die Bybel leer ons dat, alhoewel omkoopgeskenke tydelike wins mag bring, deursigtige transaksies op die lange duur die voortbestaan van besighede en die ekonomie verseker.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS