Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 3

Diefstal en leuens.

Bybelteks(te)

11“Julle mag nie steel nie en julle mag nie lieg of mekaar bedrieg nie.

LEVITIKUS 19:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

30'n Dief word verag as hy steel,

ook al steel hy om sy honger te stil,

31en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee,

selfs al kos dit hom alles wat hy besit.

32Maar 'n man wat owerspel pleeg,

moet van sy verstand af wees,

iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.

33Hy sal slae op die lyf loop en verneder word,

sy skande sal nooit uitgewis word nie.

SPREUKE 6:30-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Toe sê die engel vir my: “Dit is die vervloeking wat oor die hele aarde strek, want elke dief het tot nou toe ongestraf gebly, en elkeen wat 'n vals eed aflê, het tot nou toe ongestraf gebly.”

4Ek stuur die vervloeking, sê die Here die Almagtige. Dit sal in die dief se huis ingaan, en in die huis van dié wat in my Naam 'n vals eed aflê. Dit sal daar bly en die huis verwoes, hout en klip, alles.

SAGARIA 5:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Dan sal Ek na julle toe kom as regter:

Ek sal sonder versuim regspreek

teen dié wat hulle met toordery ophou,

teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê,

teen dié wat die dagloner te kort doen,

die weduwee en die weeskind veronreg

en die vreemdeling verdring,

teen dié wat nie vir My eerbied het nie,

sê die Here die Almagtige.

28As iemand 'n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op 'n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.

EFESIËRS 4:28AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Die slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees en hulle tevrede stel. Hulle moenie teëpraat 10of iets vat nie; hulle moet bewys dat hulle in alles betroubaar is. So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.

TITUS 2:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Diefstal is tans ‘n groot probleem in die werkplek. Dit kan wissel van die neem van klein items vir persoonlike gebruik tot die verduistering van groot bedrae geld. Ons moet God eer deur heeltemal eerlik te wees in alles wat ons doen en sê by die werkplek. Die Woord van God van die tien gebooie tot by die Nuwe Testament waarsku ons oor diefstal en oneerlikheid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS