Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 2

Werk hard.

Bybelteks(te)

6Gaan kyk na die mier, luiaard,

kyk hoe hy werk, en leer by hom.

7Hy het nie 'n leier nie,

nie 'n opsigter of 'n regeerder nie,

8tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer,

versamel hy sy voedsel in die oestyd.

9Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard,

wanneer gaan jy opstaan?

SPREUKE 6:6-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

14'n Deur bly op sy skarnier draai;

'n luiaard bly omdraai op sy bed.

15Die luiaard steek sy hand in die skottel,

maar hy is te lui om dit terug te bring na sy mond toe.

SPREUKE 26:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Ons mense moet ook leer om met eerlike werk in die noodsaaklike lewensbehoeftes te voorsien. Dan sal hulle lewe nie onvrugbaar wees nie.

6Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, 7vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. 8Net soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat in die verstand verward is en in die geloof 'n mislukking. 9Maar hulle sal nie ver kom nie, omdat hulle dwaasheid vir almal duidelik sal wees, net soos dit die geval was met Jannes en Jambres.

Laaste opdrag aan Timoteus

10Maar jy het my nagevolg in leer, lewenswandel en lewensdoel, in geloof, geduld, liefde en volharding, 11in vervolging en ontbering soos my te beurt geval het in Antiogië, Ikonium en Listra. Watter vervolging moes ek nie alles verduur nie! Maar die Here het my uit almal gered. 12Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. 13Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

2 TIMOTEUS 3:6-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

8As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as 'n ongelowige.

1 TIMOTEUS 5:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Bybel leer ons dat wyse mense hard werk en die vrugte van hulle arbeid pluk; lui mense is dwaas en kom nêrens. Dis belangrik om deur eerlike werk in ons eie daaglikse behoeftes te voorsien.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS