Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 1

Vertrou op God.

Bybelteks(te)

17Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. 18Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met 'n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.

DEUTERONOMIUM 8:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Afhanklikheid van God

13Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” 14Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. 15Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” 16Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. 17As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.

JAKOBUS 4:13-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Laat wat jy doen, aan die Here oor,

dan sal jou voornemens geluk.

SPREUKE 16:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons hoor dikwels van “selfgemaakte miljoenêrs” en van mense wat spog met hulle sakevernuf. Die Bybel leer ons dat ons niks sonder God se hulp kan bereik nie. Dit waarsku ons om nie planne te maak asof ons ons eie toekoms beheer nie en ook om nie al die eer vir die sukses wat ons bereik vir onsself toe te eien nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS