Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 11

Betaal belasting.

Bybelteks(te)

Die vraag oor die betaal van belasting

20Hulle het hulle kans afgewag. Toe stuur hulle geheime agente wat hulle as opreg voorgedoen het, om Jesus op een of ander uitspraak te probeer vastrek sodat hulle Hom aan die owerheidsgesag van die goewerneur kon uitlewer. 21Hulle vra Hom toe: “Meneer, ons weet dat u in u prediking en onderrig regsinnig is. U let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid, en so maak u die wil van God bekend. 22Is dit reg dat ons aan die keiser belasting betaal, of is dit nie?”

23Maar Jesus het deur hulle slimstreek gesien en vir hulle gesê: 24“Wys vir My 'n muntstuk. Wie se kop en naam is daarop?”

Hulle antwoord: “Die keiser s'n.”

25Toe sê Hy vir hulle: “Nou ja, gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.”

LUKAS 20:20-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Dit is ook waarom julle belasting betaal, want die owerhede is dienaars van God en hulle is besig om hulle opdrag uit te voer. 7Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is.

ROMEINE 13:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Daar bestaan geen twyfel dat die Bybel die betaling van belasting onderskryf nie. In die tyd van die Nuwe Testament was die vraag oor belasting vir die Jode polities ‘n sensitiewe saak aangesien hulle onder Romeinse regering gestaan het. Selfs in hierdie situasie word die regering se reg om belasting te hef erken, maar ons moet steeds in gedagte hou dat ons ook ‘n verantwoordelikheid teenoor God het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS