Bible Society of South Africa

Saam met God by die werk – Dag 12

Werk vir ware rykdom.

Bybelteks(te)

God en Mammon

24“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”

MATTEUS 6:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Skatte in die hemel

19“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

MATTEUS 6:19-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

31“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

MATTEUS 6:31-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het,

wat insig as sy deel ontvang het,

14want dit bring meer winste in as silwer

en lewer 'n groter opbrengs as goud.

15Dit het meer waarde as edelstene;

wat jy ook al as kosbaar beskou,

niks kan daarmee vergelyk word nie.

SPREUKE 3:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. 18Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. 19So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

1 TIMOTEUS 6:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

1 PETRUS 5:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. 9En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

FILIPPENSE 4:6-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om geld en besittings te verkry, is vir baie mense die hoofdoel in hulle lewe. Die Bybel sê egter duidelik dat die begeerte na materiële besittings ons lewe kan oorheers as ons nie versigtig is nie. Ons kan nie vir twee base tegelyk werk nie.

Ons kan nie God en geld dien nie. Ons moet werk soos God wil hê en so ware rykdom wat blywend is, verkry.

Die Bybel noem dit skatte in die hemel. Ons hoef ons nie oor ons daaglikse behoeftes te bekommer as ons God eerste stel in alles wat ons doen nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS