Bible Society of South Africa

Oorlog en vrede – Dag 4

Liefdesdaad

Bybelteks(te)

JOHANNES 15

Julle moet mekaar liefhê

9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.

11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

JOHANNES 15:9-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus spoor sy dissipels aan om Hom in liefde na te volg. Dit kan selfs tot die dood lei, sê Jesus in Johannes 15:13. In die verse wat volg, sal Jesus dus oor sy eie lyding praat as inspirasie vir sy dissipels. Net soos Jesus aan die kruis gesterf het, so moet sy volgelinge ly. Vers 13, wat praat oor jou lewe aflê vir vriende, is deur geliefdes van afgestorwe soldate gebruik om hulle te eer. Die teks word dikwels gevind op grafstene van soldate wat tydens die Eerste Wêreldoorlog gesterf het. Vers 13 word dus in ʼn ander konteks as in die Bybel gebruik. Vir die bedroefdes het ons geliefdes hulle lewens vir hulle vriende gegee, net soos Jesus in Johannes 15 sê.

Vandag sal ons minder geneig wees om oorlog en liefde te verbind. Tog is die beginpunt van die naasbestaandes en van Jesus in Johannes 15 dieselfde: die belangrikheid daarvan om mekaar lief te hê. Liefde moet jou motivering wees. Jy moet soveel liefde hê dat jy bereid sal wees om jou lewe vir ander te gee.

Indien jy tans in Suid-Afrika woon, sal jy jou nie maklik in ʼn situasie bevind waar jy jou lewe vir jou vriende hoef te gee nie. Wat anders sal dan jou grootste liefdesdaad wees?

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS