Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Nuwe hoop (deel 2) – Dag 5

Nuwe hoop met die wete dat God jou gebede hoor en verhoor

Bybelteks(te)

8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

16Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.

Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

JAKOBUS 5:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

7“Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.

9“So moet julle bid:

“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

10laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

11Gee ons vandag ons daaglikse brood;

12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:9-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.

DIE OPENBARING 5:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons sondes kla ons aan

1Die arm van die Here is nie te kort om te help nie

en sy oor is nie te doof om te hoor nie.

Oor die afgelope paar jaar het ek op verskeie geleenthede dieselfde vrae rakende stiltetyd en ons gebedslewe van lesers ontvang. Ek bespreek graag drie van die algemeenste vrae:

Vraag 1: Hoekom is stiltetyd belangrik en hoe moet ek stiltetyd hou?

In Jakobus 4:8 lees ons: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.” Stiltetyd saam met God is ʼn geleentheid om Hom beter te leer ken. Dit is ʼn tyd waarin ons met Hom gesels, maar ook waarin Hy deur sy Heilige Gees met ons teruggesels.

Net soos daar nie ʼn regte of verkeerde manier is om ʼn vriendskap te bou nie, is daar ook nie ʼn regte of verkeerde manier om stiltetyd saam met God te hou nie, aangesien elkeen van ons uniek is en daarom ʼn unieke verhouding met God bou.

Wat egter help is om ʼn spesifieke tyd in die dag vir stiltetyd saam met God te hê. Dit help ons om ons dag rondom stiltetyd te beplan eerder as wat ons so besig raak dat ons nie by God uitkom nie.

Hulpmiddels om jou stiltetyd effektief te benut sluit in jou Bybel, ʼn Bybelleesrooster, ʼn joernaal, ʼn dagboek, of elektroniese dagstukke soos Vers-ʼn-dag. Nadat jy die dagstuk (uit die dagboek of elektronies) gelees het, kan jy die teksverse in jou Bybel naslaan, verder lees, dit oordink en vrae wat jy het of iets wat vir jou uitgestaan het in jou joernaal aanteken. Jy kan dan daaroor bid.

Jy mag verbaas wees wanneer jy na ʼn geruime tyd deur jou joernaal blaai en terugkyk na wat jy geskryf het en besef hoeveel keer God jou vrae beantwoord het en ook hoe Hy Homself aan jou openbaar het!

Vraag 2: Hoe weet ek of ek reg bid? Moet ek vir God, Jesus of die Heilige Gees in my gebede aanspreek?

Ons bid tot God, in die Naam van Jesus Christus, deur die leiding van die Heilige Gees. Onthou egter dat God nie net na ons woorde luister wanneer ons bid nie, maar ook na die ingesteldheid van ons harte kyk. Ons hoef Hom dus nie te probeer beïndruk deur ʼn oorvloed hoogdrawende woorde of “stortvloed van woorde” (Matteus 6:7) te gebruik nie. Wees net jouself.

In Matteus 6:9-13 gee Jesus aan sy dissipels riglyne vir gebed: “So moet julle bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.’ ”

Onthou, God begeer dat ons hom genoeg vertrou om eerlik ons harte voor Hom uit te stort omdat Hy dan kan sien dat ons Hom waarlik met alles in ons lewens vertrou.

Vraag 3: Hoe kan ek weet dat God werklik my gebede hoor?

Die vyand wil ons verhoed om tyd saam met God te spandeer. Hy sal ons dus met onbelangrike dinge in ons lewens probeer besig hou om te verhoed dat ons by God uitkom. As hy dit nie kan regkry nie, probeer hy ons oortuig dat ons gebede kragteloos is.

Die waarheid is egter dat God elke gebed op aarde hoor en op sy tyd verhoor. In Openbaring 5:8 lees ons dat die engele “die gebede van die gelowiges” regoor die aarde bymekaarmaak en dat dit soos reukoffers voor God se troon opgaan. In Jesaja 59:1 staan geskryf: “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.” En in Jakobus 5:16b word bevestig dat ons gebede krag het: “Die gebed van ʼn gelowige het ʼn kragtige uitwerking.”

Kom ons maak stiltetyd vanjaar ʼn prioriteit in ons lewens. Dit bly immers die lewensaar wat ons in moeilike tye versterk en ons inspireer om ons geloof vir die onmoontlike in ʼn God van onbeperkte mag te plaas. Niks is vir Hom onmoontlik nie! Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS