Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Nuwe hoop (deel 2) – Dag 4

Nuwe hoop met die wete dat God alomteenwoordig is

Bybelteks(te)

21Wanneer jy die regte koers verlaat,

sal jy agter jou 'n stem hoor sê:

“Hier is die pad, loop hierlangs.”

JESAJA 30:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

4Hy beskut jou onder sy vleuels

en is vir jou 'n veilige skuilplek.

Sy trou beskerm jou aan alle kante.

7Al val daar duisende langs jou,

tienduisende by jou,

vir jou sal niks tref nie.

13Die Here kyk uit die hemel

en sien al die mense.

14Van die plek waar Hy as koning sit,

sien Hy almal wat onder op die aarde woon.

15Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het,

wat al hulle werk deurgrond.

PSALMS 33:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

Hulle vlieg met arendsvlerke,

hulle hardloop en word nie moeg nie,

hulle loop en raak nie afgemat nie.

JESAJA 40:31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Het jy al deur ʼn seisoen in jou lewe gegaan waarin dit vir jou gevoel het asof iemand jou in ʼn watertenk vol haaie gooi sonder ʼn hok wat jou beskerm? Dalk voel dit of iemand jou in ʼn veldslag instuur sonder enige ammunisie of wapenrusting. Of veel erger, dalk voel dit asof jy met ʼn spoed grond toe val en jy geen valskerm het om jou te beskerm nie.

Daar is geen waarborge dat ongemaklike hindernisse ons paaie nie gaan kruis nie. Tog kan ons weet dat God alomteenwoordig is. Wanneer dit dus voel asof die haaie in jou werkplek of besigheidswêreld jou wil verslind, plaas God ʼn hok van beskerming rondom ons. In ʼn veldslag, in die vorm van ʼn finansiële krisis of ʼn siekte wat jou oorval, beskerm Hy ons van alle kante sodat geen noodlottige koeëls ons tref nie. En wanneer dit voel asof ons met ʼn spoed grond toe val omdat ʼn huwelik besig is om te verbrokkel of ʼn verhouding met ʼn kind net nie wil regkom nie, gee Hy nie net aan ons ʼn valskerm om ons te beskerm nie, maar Hy plaas ʼn hyser rondom ons wat ons boontoe neem na hoogtes in ons verhoudings wat ons nog nooit voorheen beleef het nie.

God se woord beloof dat Hy agter, voor, langs, bo en onder ons is om ons daagliks te beskerm en te lei wanneer ons moed wil verloor.

God is agter ons:

  • Jesaja 30:21: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ʼn stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’ ”

God is voor ons:

  • Spreuke 3:6: “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

God is langs ons:

  • Psalm 91:4,7: “Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ʼn veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante (…) Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.”

God is bo ons:

  • Psalm 33:13-15: “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon. Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond.”

God is onder ons:

  • Jesaja 40:31: “… maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”

God is alomteenwoordig. Hy weet van jou verlede en Hy bly lief vir jou. Hy weet wat in jou toekoms lê en daarom kan jy Hom vra om jou pad vir jou gelyk te maak. Hy is langs jou en kan jou van die gevaarlikste vyand beskerm. Hy is bó jou en sien jou selfs waar jy hierdie sit en lees en Hy lig jou van onder na hoër hoogtes terwyl Hy aan jou hoop gee wanneer jy jouself op moedverloor se vlakte bevind. Mag jy vandag nuut bewus word van sy teenwoordigheid in jou lewe. Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS