Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Nader tot God – Dag 14

Nader tot God in die werkplek

Bybelteks(te)

6Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen.

EFESIËRS 6:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

15“Jy moet billik en regverdig afweeg en afmeet. Dan sal jy lank leef in die land wat deur die Here jou God aan jou gegee word.

16“Die Here jou God het 'n afsku van almal wat oneerlik is en ander bedrieg.”

DEUTERONOMIUM 25:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Harde werk bring beloning;

om net te praat, bring gebrek.

SPREUKE 14:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Laat wat jy doen, aan die Here oor,

dan sal jou voornemens geluk.

SPREUKE 16:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Staan jy op die punt om te bedank omdat jy nie langer jou onregverdige baas of onbeskofte kollega kan verdra nie? Sien jy steeds jou huidige werk as ʼn genadegawe uit God se hand of het jy dit as vanselfsprekend begin aanvaar?

ʼn Apteker op ʼn dorpie kon nie help om gereeld ander mense se gesprekke af te luister wanneer hulle op die openbare telefoon net buitekant die ingang van die apteek gestaan en praat het nie. Selfone was immers nog nie algemeen beskikbaar nie.

Op ’n dag het hy ʼn jong seun oor die foon hoor praat: “Hallo, meneer. Ek bel net om uit te vind of die posisie van tuinier steeds beskikbaar is? O, u het reeds iemand? En is u tevrede met sy diens? Goed, baie dankie.” Die apteker het jammer gevoel vir die seun en nader gestap. “Ek is jammer dat jy nie die werk gekry het nie, seun.” Die seun het egter geglimlag en geantwoord: “Nee, ek het die werk gekry. Ek wou maar net seker maak dat hulle steeds tevrede is met my diens.”

Hierdie storie het my laat dink: Het jy ook in ʼn gemaksone verval in jou werkplek of is dit steeds vir jou belangrik om jou werk met integriteit en uitnemendheid te doen? Wanneer laas het jy seker gemaak dat jou werkgewer steeds tevrede is met jou werk? Hier is vyf besigheidsbeginsels vir die werkplek uit God se Woord:

Beginsel 1: Werk asof God jou Werkgewer is

  • Efesiërs 6:6: “Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie … Nee, dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.”

Beginsel 2: Vra God vir wysheid en leiding

  • Jakobus 1:5: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee … ”

Beginsel 3: Tree in elke situasie met integriteit op

  • Deuteronomium 25:15-16: “As jy lank wil lewe in die land wat jou God die Here vir jou gee, dan moet jy gewigte en mate gebruik wat reg en eerlik is. Want die Here haat dit wanneer mense oneerlik is.”

Beginsel 4: Moenie lui wees nie

  • Spreuke 14:23: “Wanneer iemand hard werk, dan kry hy baie dinge. Wanneer iemand net praat en niks doen nie, dan bly hy arm.”

Beginsel 5: Maak God deel van jou planne

  • Spreuke 16:3: “Jy moet vir die Here vra wat jy moet doen, dan sal jou planne slaag.”

Kom ons word vandag opnuut dankbaar vir ons werksgeleenthede terwyl ons onsself herinner dat God ons eintlike Werkgewer is. Kom ons ken Hom in elke besluit sodat Hy ons deur sy Heilige Gees kan lei. En wanneer jy jouself in ʼn situasie bevind waarin die pad van korrupsie aanloklik lyk, onthou dat God alles sien. Neem dus besluite wat Hom eer en jou integriteit weerspieël. Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS