Bible Society of South Africa

Nuwejaar – Dag 8

Reël 8: Aanvaar wat en wie jy is en moenie daaroor stres nie.

Bybelteks(te)

8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

FILIPPENSE 4:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit is vir my goed om naby God te wees

1'n Psalm van Asaf.

God is vir Israel baie goed,

vir dié wat rein van hart is.

3Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

ROMEINE 12:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

33En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.”

MARKUS 12:33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Aanvaar wat en wie jy is en moenie daaroor stres nie, maar besef dat jy te kort skiet – net soos elke liewe mense op hierdie aarde! Dit is die aard van die mensdom. God alleen is volledig heel en goed.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS