Bible Society of South Africa

Nuwejaar – Dag 6

Reël 6: Wees gewillig om ʼn bietjie aan jouself te sterf om by God te wees.

Bybelteks(te)

Om Jesus te volg

23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, 24want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.

LUKAS 9:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

38Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.

MATTEUS 10:38AFR83Maak oop in die Bybelleser

20en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

GALASIËRS 2:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wees gewillig om ʼn bietjie aan jouself te sterf om by God te wees, want God het gesterf het om naby aan jou te wees.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS