Bible Society of South Africa

Nuwejaar – Dag 5

Reël 5: Aanvaar dat geloof jou lei waar jy nie altyd graag wil wees nie.

Bybelteks(te)

7Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. 8Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.

2 TIMOTEUS 4:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wat geloof is

1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

HEBREËRS 11:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

EFESIËRS 4:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

22“Die Here alleen is God, die Here alleen is God! Hy weet, en Israel moet weet: as dit in verset en ontrou teen die Here was, dan moet julle ons vandag nie spaar nie.

Aanvaar dat geloof ʼn tou om jou bind wat jou lei waar jy nie altyd graag wil wees nie. God laat hom nie lei nie, Hy’s die een wat lei.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS