Bible Society of South Africa

Nuwejaar – Dag 3

Reël 3: Al is die pad hoe donker, kyk hoe ver jy voor jou uit kan sien.

Bybelteks(te)

6God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.

2 KORINTIËRS 4:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

God is lig

5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

1 JOHANNES 1:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

JOHANNES 3:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wanneer jou lewe op ʼn laagtepunt is, beweeg aan of probeer ten minste om een voet voor die ander te sit al verg dit by tye al jou krag en inspanning om dit te doen. Al is die pad hoe donker, kyk hoe ver jy voor jou uit kan sien.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS