Bible Society of South Africa

Nuwejaar – Dag 2

Reël 2: Wees dankbaar vir die lewe wat God jou geskenk het.

Bybelteks(te)

11Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon.”

DEUTERONOMIUM 26:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wees dankbaar vir die lewe wat God jou geskenk het. Die grootste kompliment wat jy aan die gewer van ʼn geskenk kan maak is om die geskenk ten volle te geniet. Jy is dit dus aan jou Skepper verskuldig om so gelukkig te wees as wat jy kan sonder om jou te belas met onnodige skuldgevoelens en verwyte. Die lewe is meer as ʼn eksamen waar jy moet bewys hoe goed of hoe slim jy is. Dis ʼn avontuur met laagtepunte, hoogtepunte en gelyktes, maar altyd ʼn onvergelyklike ervaring.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS