Bible Society of South Africa

Nuwejaar – Dag 10

Reël 10: Wees deel van God se gesin.

Bybelteks(te)

1Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.

EFESIËRS 5:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

1Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.

2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is.

1 JOHANNES 3:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

10En dit doen julle dan ook teenoor al die broers in die hele Masedonië. Ons versoek julle egter dringend, broers: Lê julle nog meer daarop toe.

1 TESSALONISENSE 4:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

JOHANNES 1:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wees deel van God se gesin. Die lewe is ʼn groepuitstappie wat familie, die gemeenskap, kerk, vaderland en die hele boksendais insluit! Aanvaar dat daar heilige bande is wat jou bind. Vryheid kry alleen betekenis in verbondenheid aan die gemeenskap – ʼn gemeen.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS