Bible Society of South Africa

‘n Nuwe begin – Dag 8

Loof Hom omdat jy mens is.

Bybelteks(te)

14Ek wil U loof,

want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.

Wat U gedoen het,

vervul my met verwondering.

Dit weet ek seker:

PSALMS 139:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

13U het my gevorm,

my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

PSALMS 139:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

15geen been van my was vir U verborge

toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,

toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

16U het my al gesien toe ek nog ongebore was,

al my lewensdae was in u boek opgeskrywe

nog voordat ek gebore is.

PSALMS 139:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

5wat is die mens dan

dat U aan hom dink,

die mensekind dat U na hom omsien?

6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak

en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp:

PSALMS 8:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

2 KORINTIËRS 5:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

EFESIËRS 2:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Nuwe lewe bly ‘n werk van God – Hy het immers self besluit om die mens te maak na sy beeld, na sy gelykenis. ‘n Geboorte bly daarom seker die grootste bewys van die enige Here se voortgesette betrokkenheid by mense. Geen wonder nie dat Dawid Hom loof vir hierdie aangrypende skeppingswerk: “U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Geen been van my was vir U verborge nie…ek is kunstig geweef…U oë het my ongevormde klomp gesien.” (Psalm 139:13,15-16). Dit laat Dawid uitroep: Ek wil U loof, want U het my op wonderbaarlike wyse geskep.”

 Verwonderd oor hierdie pragskepping wat selfs verhewe is bo die hemel, die sterre en die maan, vra Dawid ‘n retoriese vraag: “Wat is die mens dat U aan Hom dink, en die mensekind dat U Hom besoek?” Maar hy ken reeds die antwoord: “U het Hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en Hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel.” (Psalm 8:5-7). En dan maak hy die Here se naam groot hiervoor: “O Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!” (Psalm 8:10)

Met die geestelike geboorte van ‘n mens wat kies om God en Jesus te glo, is Hy weer aktief betrokke. Omdat ons so ver afgedwaal het van sy oorspronklike plan vir ons, versoen Hy ons met Homself deur Christus, en so word ons herskep tot ‘n nuwe mens. (2 Korintiërs 5:17-19).

Efesiërs 2:10 sê ons is sy maaksel (poiema in Grieks), geskape (of geskep – poieo) in Christus Jesus. Hierdie woord verwys na ‘n maaksel of skepping deur ‘n meestervakman. En dit ís presies wat ons Skepper God is – ‘n Meesterkunstenaar, onvergelykbaar in perfeksie. Wat meer is, Hy is die Digter van alle tye, want die Engelse woord “poem” (gedig) is afgelei van poiema. Wat ‘n unieke skepping is ons nie – mense met die aard van God en gedigte meesterlik en unieke geskryf deur die hand van ons Vader!

Ons loof U Skepper! Ons verhoog U, Skrywer van ons lewens vol ritme, rym en simmetrie! Ons is u mens-gedigte wat ons lewens tot u eer wil leef!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS