Bible Society of South Africa

‘n Nuwe begin – Dag 7

Loof Hom!

Bybelteks(te)

Ek wil getuig van u magtige dade

1'n Loflied van Dawid.

Ek wil u lof verkondig,

my God en Koning,

ek wil u Naam altyd loof.

2Elke dag wil ek U loof,

ek wil u Naam altyd prys.

PSALMS 145:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Waarom is ek so in vertwyfeling

en waarom kerm ek so?

Vertrou op God!

Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.

Hy is my helper

Kom, prys die Here!

1'n Pelgrimslied.

Kom, prys die Here,

julle almal wat Hom dien,

julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!

2Hef julle hande in gebed op na die heiligdom

en prys die Here!

PSALMS 134:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop,

ek sal U altyd weer loof.

15Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk,

van u reddingsdade bly praat,

want hulle is meer as wat ek kan tel.

PSALMS 71:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Hulle het die Here begin loof en dank: “Want Hy is goed, aan sy liefde vir Israel is daar geen einde nie.”

Die hele volk het dit tot lof van die Here uitgejubel, want die fondamente van die huis van die Here was gelê.

16'n mond het hulle, maar praat kan hulle nie,

oë het hulle, maar sien kan hulle nie;

17ore het hulle, maar hoor kan hulle nie,

hulle haal nie asem nie.

PSALMS 135:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Aan sy liefde is daar geen einde nie

1Loof die Here, want Hy is goed.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

2Loof die oppermagtige God.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

3Loof die magtigste van alle maghebbers.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

4Hy het magtige dade gedoen, Hy alleen.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

PSALMS 136:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor

en my nuwe krag gegee.

PSALMS 138:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

25Hy gee voedsel aan al wat lewe.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

PSALMS 136:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Nou dat ek oud geword het

1By U, Here, skuil ek,

laat my tog nooit

teleurgestel staan nie!

2Red my en bevry my, want U is getrou.

Luister tog na my en help my!

3Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,

waar ek altyd die veiligheid mag vind

wat U tot my redding beskik het,

want U is my rots en my vesting.

4My God, bevry my uit die hand van goddeloses,

uit die greep van skurke en verdrukkers,

5want U, Here, U is my hoop,

op U, Here, het ek van jongs af vertrou.

6U is my hulp van my geboorte af,

reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.

U loof ek gedurigdeur.

7Ek is vir baie 'n wonder,

want U is my veilige toevlug.

8Ek besing u lof en u roem gedurigdeur.

9Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie,

moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.

10My vyande sweer saam teen my,

dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my.

11Hulle sê: “God het hom alleen gelaat!

Agtervolg hom en gryp hom,

want daar is niemand om hom te red nie!”

12Moet tog nie ver van my af bly nie, o God,

kom my tog gou te hulp, my God!

13Laat dié wat my vals beskuldig,

self in die ellende beland en vernietig word.

Laat oor dié wat my ondergang soek,

net skande en mislukking kom.

14Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop,

ek sal U altyd weer loof.

15Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk,

van u reddingsdade bly praat,

want hulle is meer as wat ek kan tel.

16Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God,

die verlossingswerk wat net U kan doen.

17U het my van jongs af onderrig, o God,

en ek getuig nou nog van u kragtige dade.

18Nou dat ek oud en grys geword het,

moet U my tog nie alleen laat nie, o God,

dat ek nog aan die geslagte wat kom,

kan vertel van u werk en u mag.

19U verlossingswerk, o God, is oneindig groot;

groot is die dinge wat U gedoen het!

Wie is soos U, o God?

20U het talle benoude ervaringe oor my gebring,

maar elke keer weer my lewe gered,

my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.

21Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms!

22Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God,

saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel.

23Ek sal jubel as ek tot u eer sing,

omdat U my gered het.

24Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk,

want dié wat my ondergang soek,

staan teleurgestel in hulle verwagting;

hulle beland self in die ellende.

Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word nie

1Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2Luister hierna, al julle volke,

gee aandag, julle almal wat die wêreld bewoon,

3elke mens, sonder uitsondering,

ryk en arm!

4My mond gaan suiwer wysheid praat;

wat ek gaan sê, sal van insig getuig,

5want ek hoor 'n woord wat my wysheid gee

en terwyl ek op die lier speel, wil ek 'n geheimenis verklaar.

6Waarom sou ek my in moeilike tye kwel

as ek bedreig word deur die onreg van bedrieërs,

7van mense wat net op hulle besittings vertrou

en met hulle groot rykdom spog?

8Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dood

en aan God 'n losprys vir hom betaal nie?

9Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog.

Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees

10dat hy vir altyd sal lewe

en die dood nooit sal smaak nie.

11Elkeen sien dit tog:

wyse mense sterwe net soos dwase en sotte,

en laat hulle besittings aan ander na.

12Die graf is vir altyd hulle tuiste;

van geslag tot geslag is dit hulle woonplek,

al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.

13Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;

soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.

14Dit is die lot ook van mense wat op hulleself vertrou,

die uiteinde van dié wat ingenome is met hulleself. Sela

15Soos skape is hulle bestem om te sterwe;

die dood is hulle wagter.

Sonder meer daal hulle in die graf in;

in die doderyk verdwyn alles waarop hulle vertrou het;

vir hulle bestaan dit nie meer nie.

16Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood;

ek sal aan Hom behoort. Sela

17Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word,

dat hulle besittings baie word nie,

18want as hulle sterf, neem hulle niks saam nie;

hulle besittings sal hulle nie volg nie.

19Al verlustig 'n mens hom in 'n voorspoedige lewe,

en al prys die mense hom omdat dit met hom goed gaan,

20soos sy voorvaders sal ook hy moet sterwe

en hy sal die lig nooit weer sien nie.

21Die mens wat met weelde en al 'n dwaas bly,

is soos 'n dier wat vergaan.

Boom en blom jubel stemloos die varsheid en splinternuutheid van die lenteseisoen uit.  Dit spreek van lewe en hoop en herinner aan God se belofte dat Hy vir altyd betrokke by sy skepping sal wees.  Dit opsigself is rede genoeg om Hom te loof en prys, maar so dikwels word ons energie en lewens opgeslurp deur die deurmekaar, wanordelike en stukkende wêreld waarin ons leef, dat ons selde ‘n gedagte daaraan skenk om lof aan Hom te bring.

Lof aan God gebeur nie vanself nie, dit vra meer dikwels ‘n bewustelike, aktiewe besluit van die mens se kant. In Psalm 42:6 praat die skrywer met homself: “Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof” In die Pelgrimslied roep die skrywer almal wat die Here dien, tot lof op: “Kom prys die Here, julle almal wat Hom dien; hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!” (Psalm 134:1-2)

Wanneer die Psalmis sy ouer-word bedink, beloof hy sy voortdurende lof aan God: “Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof. Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel.” (Psalm 71:14-15)

 Die feit dat Hy God is, behoort genoeg motivering vir jou as gelowige te wees om Hom te loof. As jy ‘n groter rede nodig het, Hy is meer as net God: Hy is ‘n goeie God (Esra 3:11); Hy kan praat, sien, hoor en asemhaal (Psalm 135:16-17). Hy is oppermagtig … en aan sy Iiefde is daar geen einde nie; Hy is die magtigste van alle maghebbers…. en aan sy liefde is daar geen einde nie; Hy het magtige dade gedoen, Hy alleen … en aan sy Iiefde is daar geen einde nie. (Psalm 136:1-4)

 As jy dalk nog wonder oor ‘n rede om Hom te loof, dink hieraan: Hy hoor ons gebede en gee ons nuwe krag (Psalm 138:3); Hy gee voedsel aan al wat lewe (Psalm 136:25); Hy is ons verwagting en vertroue (Psalm 71) en Hy alleen kan ons onbesorg aan die slaap laat raak (Psalm 4:9).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS