Bible Society of South Africa

‘n Nuwe begin – Dag 2

Ken Hom in alles.

Bybelteks(te)

5Vertrou volkome op die Here

en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

SPREUKE 3:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

29Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.

MARKUS 12:29AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”

EKSODUS 3:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

As volwassenes vertrou mense mekaar nie maklik nie, en met rede. Ons stel mekaar teleur, misbruik vertroue om selfsugtige redes en is sommer net onbetroubaar, daarom vertrou ons net ons eie oordeel, insig en kennis.

Gevolglik vind ons dit ook moeilik om God te vertrou met die die groot en klein dinge in ons lewens. Ons moet egter verstaan dat die koningsheerskappy van God ‘n omgekeerde orde is: betoon liefde, nie haat nie; dien, moenie heers nie; gee weg, moenie opgaar nie; sterf sodat jy kan leef. Dit impliseer dat jy jou totale menswees aan God toevertrou, dat jy onbeskaamd sal doen wat ons vers vir die dag leer: Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.”

Hoekom op God vertrou? Want Hy is: “Die Here, onse God, ’n enige Here” (Markus 12:29); “Ek is wat Ek is” (Exodus 3:14).

Wanneer gelowiges God waarlik vertrou, word ons sekerheid in Hom en sy vermoë, ons sekuriteit. Dan wil ons Hom in elke besluit ken omdat ons weet Hy sal ons die regte pad laat loop, Hy sal die pad vir ons reguit maak.

Die Hebreeuse verklaring vir weë dui op n pad, ‘n roete of ‘n manier van doen. Dit sugge- reer spesifieke geleenthede wat herhaaldelik oor jou pad kom. Een so ‘n geleentheid is die voorreg om elke oggend ‘n nuwe dag te betree en voluit te leef. Dit is asof hierdie gedeelte ons wil aanmoedig om ons hele lewe lank, elke dag, aan God erkenning te gee en Hom in die verloop van elke dag te ken.

Hoe “ken” ons God in al ons weë? Volgens die Spirit-Filled Bible behels hierdie ken en erkenning: “waarneming, ondersoek, refleksie of eerstehandse ervaring”. Die diepste vlak van “ken” lê egter in ‘n direkte, intieme verhouding met Hom – ‘n lewegewende intimiteit op geestelike vlak waar ons in daaglikse gebed met Hom kommunikeer. Dit is by hierdie geleentheid dat ons die dag se agenda aan Hom voorlê en Hom vertrou om verskuiwings te maak wat geboorte sal gee aan sy wil, seëninge en oorwinnings in ons, en ander se lewens.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS