Bible Society of South Africa

‘n Nuwe begin – Dag 1

Vertroue in die Here.

Bybelteks(te)

10Wie van julle dien die Here

en luister na sy dienaar?

Wie in die donker loop

en geen lig sien nie,

moet op die Here vertrou,

moet op sy God steun.

JESAJA 50:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”

22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.

3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

10Wie van julle dien die Here

en luister na sy dienaar?

Wie in die donker loop

en geen lig sien nie,

moet op die Here vertrou,

moet op sy God steun.

JESAJA 50:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Die Naam van die Here is 'n sterk vesting;

die regverdige vind daar skuiling.

SPREUKE 18:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

29Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.

MARKUS 12:29AFR83Maak oop in die Bybelleser

God self getuig van Job dat hy ‘n vroom en opregte man is wat Hom dien en die kwaad vermy (Job 1:8). En tog het dit nie verhoed dat hy in sy leeftyd swaar beproef was en baie gely het nie. Hy is beroof van al sy vee; sy veewagters is deur weerlig doodgeslaan; sy kinders is almal op een dag dood en boonop is sy liggaam ook met siekte aangetas. En toe draai sy vriende en selfs sy vrou hulle rug op hom.

Job doen wat óns ook behoort te doen: hy bekla sy lot by die Here. Hy verklaar ook sy onskuld voor Hom – iets wat jy ook mag doen as jy soos Job opreg leef en die Here liefhet. Job meen hy word onregverdig behandel, maar een ding doen hy nie terwyl hy met God in gesprek is nie: “… Job het nie gesondig of God iets verwyt nie” (Job 1:22).

Slegte dinge gebeur ook met Christengelowiges, al is ons op ons gebroke manier opreg lief vir die Here en al gee ons die beste van onsself om Hom te dien. Dit is dikwels in hierdie swaar tye dat mense God se betrokkenheid by hul lewens bevraagteken en dat hulle wonder wat hulle verkeerd gedoen het dat sulke beproewing oor hulle kom. Dikwels vra hulle ook hardop of dit die moeite werd is om God te dien.

Die waarheid is dat ons geen waarborg het dat ons nié swaarkry sal ervaar nie. Inteendeel, die Woord leer dat beproewinge juis deel van ons geestelike wandel sal wees sodat ons geloof beproef kan word en ons kan leer om te volhard (Jakobus 1:3). Job besef hierdie waarheid – hy weet dat hy ly ten spyte daarvan dat hy ‘n regverdige is. Jy bevind jouself dalk ook in omstandighede wat onuithoudbaar vir jou geword het. Skep moed want …

Behalwe Job, is Jesaja ook bekend met vertwyfeling, en hy vra: “Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternis wandel en geen ligstraal sien nie?” En dan gee Hy die antwoord: – laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God” (Jesaja 50:10).

 

Hoor jy? Eerstens kan jy vertrou op die Naam van die Here, want “dit is ‘n sterk toring; die regverdige vlug daarin en word beskut” (Spreuke 18:10). Tweedens kan jy steun op jou God. Hy is betroubaar, Hy is jou helper, Hy hoor jou hulpgeroep en versterk jou, want Hy is die enigste Here (Markus 12:29; 1983-vertaling).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS