Bible Society of South Africa

‘n Nuwe begin – Dag 3

Vra raad.

Bybelteks(te)

14Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie.

14Sonder oorwoë leiding val 'n volk;

die redding lê in baie raadgewers.

SPREUKE 11:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Josua het hulle toe laat gaan en hulle het hulle gaan versteek. Hulle het tussen Bet-El en Ai gelê, wes van Ai. Josua het dié nag tussen die manskappe geslaap.

Vir baie mense is die blote gedagte om iemand om raad te vra, weersinwekkend.  Dit sou ‘n erkenning wees van swakheid, onkundigheid en afhanklikheid. En tog, ander mense se insigte bring dikwels ‘n nuwe perspektief omdat dit vanuit ‘n ander hoek van kennis en ervaring, bekyk en benader word. Spreuke 11:14 bevestig die wysheid van raadgewers: “As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.”

Ondervinding leer ons dat raad van mense nie sommer goedsmoeds aanvaar moet word nie, want mense kan foute maak en weet meestal nie wat God se pad met jou lewe is nie. Daarom, voordat jy mense raadpleeg, sorg dat jy vir koersaanduiding eers aanklop by die Een wie heerskappy oor jou lewe voer.

Josua 8 en 9 beskryf ‘n stuk geskiedenis in die lewe van Israel wat wys hoe voordelig dit is as jy God eerste raadpleeg en daarna mense, maar ook hoe vernietigend dit kan wees as jy die Here glad nie raadpleeg nie.

Israel neem Jérigo op wonderbaarlike wyse in omdat hulle tot in die kleinste besonderhede die plan van aksie wat God aan hulle gegee het, uitvoer. Kort daarna is Ai aan die beurt en op grond van wat die verkenners in Ai waargeneem het, besluit Josua en die manskappe om net drieduisend manne in die geveg te stuur. Fout!  Hulle word verslaan en moet met vrees en skaamte hakskene wys vir die vyand.

Die les? Jy kan nie op vorige oorwinnings staatmaak om ‘n nuwe geveg of saak aan te pak nie. Kry by God die bloudrukplan vir elke nuwe dag en en elke nuwe transaksie, want jy weet nie altyd of daar tydens jou vorige sukses dalk êrens ‘n afwyking van die plan was nie.  Josua raadpleeg God na die tyd en vind uit dat Agan God se opdrag oortree het – hy vat wat nie aan hom behoort nie.  Eers nadat met hom afgereken is, kon hulle Ai oorwin en die stad inneem.

Die sukses van hulle oorwinnings maak die inwoners van Kanaän bang en wanneer mense bang raak, slaan hulle op vlug of beraam slinkse planne, soos die Hewiete van Gibeon. Hulle vermom hulleself as afgevaardigdes van ‘n ver land met verslete klere, ou kos en stukkende wynsakke om Josua te versoek om met hulle ‘n verbond van vrede te sluit deur saam van hulle ou brood te eet. Hulle is so uitgeslape dat hulle selfs na die God van Israel verwys wat met wonderdade vir Israel uit Egipte gelei het. En die manne van Israel val vir hierdie truuk. Waarom? “…die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie.” (Josua 9:14)

Ek en jy kan nie bekostig om nie in elke saak wat oor ons pad kom, die Here nie te ken nie.  Dit is slegs deur die inspraak van sy Gees dat ons misleiding, leuens, skelmstreke en valsheid sal kan onderskei.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS