Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 9

Christus is God se geskenk aan die mensdom - Deel 1
• Christus is soos die Vader

Bybelteks(te)

Die voorrang van die Seun

15Die Seun is die beeld van God,

van God wat self nie gesien kan word nie.

Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.

KOLOSSENSE 1:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

JOHANNES 3:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die uitnemende grootheid van die Seun van God

1In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

HEBREËRS 1:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

JOHANNES 1:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

28Terwyl Jesus die mense in die tempel leer, het Hy uitgeroep: “Ja, julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. En tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware God wat My gestuur het, en vir Hom ken julle nie. 29Ek ken Hom, omdat Ek van Hom af kom en Hy My gestuur het.”

JOHANNES 7:28-29AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.”

9En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? 10Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. 11Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.

JOHANNES 14:8-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

2U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee.

JOHANNES 17:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus Christus is die Seun van God en God self. Hy is die inkarnasie van God die Vader op aarde.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS