Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 10

Christus is God se geskenk aan die mensdom - Deel 2
• Christus neem ons oortredinge op Hom
• Christus oorwin die dood en gee die ewige lewe
• God veroordeel sonde deur Christus

Bybelteks(te)

8Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

23Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 6:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is.

1 PETRUS 3:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

17bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.

EFESIËRS 1:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

22Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.

KOLOSSENSE 1:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. 10Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. 11Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

ROMEINE 6:9-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

ROMEINE 8:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

14God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek.

1 KORINTIËRS 6:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.

1 KORINTIËRS 15:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

31want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

HANDELINGE 17:31AFR83Maak oop in die Bybelleser

22Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat.

JOHANNES 5:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

27Hy het Hom ook volmag gegee om te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. 28Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”

JOHANNES 5:27-29AFR83Maak oop in die Bybelleser

God kan sonde nie verdra nie aangesien Hy self vlekkeloos is. Sonde moet gestraf word maar God het ons so liefgehad dat Hy sy Seun gestuur het om die straf vir ons sondes te dra.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS