Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 8

Jesus Christus – redder van die mensdom

Bybelteks(te)

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

4wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.

1 TIMOTEUS 2:4-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

JOHANNES 3:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Lewe deur die Gees

1Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.

God bewys sy liefde deur sy Seun aan ons te gee. Hy het soos ons geword en onder ons kom woon om ons die pad te wys.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS