Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 3

God – die Almagtige Skepper - Deel 3
• God se doel met die mens

Bybelteks(te)

15Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.

GENESIS 2:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak

en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp:

8skape en beeste, alles;

selfs die diere in die veld,

PSALMS 8:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

25Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. 26Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. 27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, 28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’

HANDELINGE 17:25-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

As ʼn verdere teken van sy liefde en vertroue het God nie slegs die mens na sy eie beeld gemaak nie, maar Hy het hom in beheer van die skepping geplaas om dit te bestuur en te versorg.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS