Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 4

God – die Almagtige Skepper - Deel 4
• Die mens verwerp God

Bybelteks(te)

25Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.

ROMEINE 1:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,

ROMEINE 3:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.

MATTEUS 15:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

God is aan die kant van die regverdiges

1Vir die koorleier. Van Dawid.

Die dwaas dink daar is geen God nie.

Dwase mense vernietig alles;

wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here.

Daar is nie een wat goed doen nie.

2Van die hemel af kyk die Here die mense deur

om te sien of daar één verstandige is,

één wat na die wil van God vra.

3Almal het afgedwaal,

die laaste een het ontaard;

daar is niemand wat goed doen nie,

selfs nie één nie.

PSALMS 14:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die mens se antwoord op die vertroue wat God in hom gestel het, was om ongehoorsaam te wees en sy liefdevolle kameraadskap te verwerp. Die gevolg was dat sonde in die wêreld gekom het. Die bewyse van die mens se sondigheid is oorweldigend.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS