Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 2

God – die Almagtige Skepper - Deel 2
• God het die mens gemaak

Bybelteks(te)

7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.

27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

GENESIS 1:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

In Genesis lees ons dat God Adam, die eerste mens, gemaak het deur hom uit die stof van die aarde te vorm. Toe God sy asem in hom geblaas het, het hy ʼn lewende wese geword.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS