Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 23

Verkondig die Goeie Nuus

Bybelteks(te)

16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

MATTEUS 5:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

MATTEUS 28:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

HANDELINGE 1:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die evangelie in Samaria

4Die gelowiges wat uitmekaar gejaag is, het so ver as wat hulle gegaan het, die evangelie verkondig.

HANDELINGE 8:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

42Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. 43Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.”

HANDELINGE 10:42-43AFR83Maak oop in die Bybelleser

1Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: 2verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, 3want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor.

2 TIMOTEUS 4:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

God wil die wêreld bereik deur gelowiges en daarom is dit ons taak om die Goeie Nuus te verkondig.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS