Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 22

Hoe versterk God ons geloof? - Deel 3
• Deur versoeking te weerstaan
• Deur die volkome oorgawe aan God

Bybelteks(te)

Die versoeking in die woestyn

1Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.

10Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:

“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

11Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

MATTEUS 4:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

EFESIËRS 6:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.

Weerstaan die duiwel, God sal die krag gee

8Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. 9Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

1 PETRUS 5:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Versoeking en verleiding

12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

13Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

JAKOBUS 1:12-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil.

ROMEINE 6:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

15Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. 16Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. 17Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

18Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

EFESIËRS 5:15-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

God versterk ons geloof om versoeking te weerstaan.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS