Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 24

Gaan in vreugde en vrede

Bybelteks(te)

4Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. 6God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. 7So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

5Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.

6Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,

hy kom juigend terug

terwyl hy sy gerwe dra.

PSALMS 126:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die vrug van jou arbeid sal jy geniet

1'n Pelgrimslied.

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien

en sy wil doen.

2Die vrug van jou arbeid sal jy geniet,

gelukkig en voorspoedig sal jy wees.

PSALMS 128:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was.

EFESIËRS 2:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus,

GALASIËRS 1:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Mense wat hulle geluk in aardse dinge en tydelike genot soek, word spoedig teleurgestel. Maar as ons volgens God se Woord leef, ervaar ons vreugde en vrede wat ʼn leeftyd duur.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS