Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 21

Hoe versterk God ons geloof? - Deel 2
• Deur die kerk
• Deur openbare aanbidding
• Deur onderrig en lering
• Deur gemeenskap met Christus en medegelowiges
• Deur die nagmaal
• Deur gebed

Bybelteks(te)

42Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.

HANDELINGE 2:42AFR83Maak oop in die Bybelleser

46Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

HANDELINGE 2:46-47AFR83Maak oop in die Bybelleser

Onderlinge mededeelsaamheid

32Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.

HANDELINGE 4:32AFR83Maak oop in die Bybelleser

31In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk 'n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe. Die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem.

HANDELINGE 9:31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus word uit Nasaret verdryf

16Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees,

25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

HEBREËRS 10:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

EFESIËRS 5:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Net een ding het ek van die Here gevra

en dit sal ek najaag:

dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon

om sy goedheid te belewe

en daaroor na te dink in sy tempel.

Bid dat Jerusalem vrede mag hê

1'n Pelgrimslied. Van Dawid.

Ek was bly toe hulle vir my gesê het:

“Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”

PSALMS 122:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? 15En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

ROMEINE 10:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons bid vir julle

9Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

KOLOSSENSE 1:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

1 JOHANNES 1:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.

ROMEINE 12:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk.

14Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. 15As die voet sou sê: “Omdat ek nie 'n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. 16En as die oor sou sê: “Omdat ek nie 'n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie. 17As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik? 18Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. 19As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees? 20Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam.

1 KORINTIËRS 12:13-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

51Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

52Die Jode het toe onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?”

53Maar Jesus sê vir hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie. 54Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. 55My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. 56Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. 57Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.

JOHANNES 6:51-57AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Die beker van danksegging, waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? 17Omdat dit een brood is, is ons, al is ons baie, saam een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

1 KORINTIËRS 10:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie.

“Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. 24Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

JOHANNES 16:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Gebedsverhoring

7“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

MATTEUS 7:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Onderrig oor die gebed

1Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.”

2En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan:

“Vader, laat u Naam geheilig word;

laat u koninkryk kom.

3Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

4en vergeef ons ons sondes,

want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree;

en laat ons nie in versoeking kom nie.”

LUKAS 11:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Voorbidding

14En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. 15En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

1 JOHANNES 5:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die liggaam van die kerk met sy openbare aanbiddingsbyeenkomste, die sakramente en wedersydse gemeenskap van gelowiges verteenwoordig die tuiste van gelowiges.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS