Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 1

God – die Almagtige Skepper - Deel 1
• God het die hemel en die aarde gemaak

Bybelteks(te)

24God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. 25Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.

HANDELINGE 17:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

37Niks is vir God onmoontlik nie.”

3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.

JOHANNES 1:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Waar is iemand soos U, Here?

U is groot, die mag van u Naam is groot.

JEREMIA 10:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,

wat met sy wysheid die wêreld gevestig het

en met insig die hemel oopgesprei het.

JEREMIA 10:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

11So sê die Here, die Heilige van Israel,

die Skepper van Israel:

Durf julle van My rekenskap vra oor wat gaan gebeur?

Durf julle aan My voorskryf oor my kinders

en oor die werk van my hande?

12Ek het die aarde gemaak;

die mensdom wat daarop is, het Ek geskep.

Ek het met my hande die hemel oopgespan

en Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee.

JESAJA 45:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

11“Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het;

deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”

DIE OPENBARING 4:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Kom ons begin deur te kyk wat die Bybel ons leer oor God se skepping en oor Hom as die Skepper en Heerser van die wêreld.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS