Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 18

Hoe leef ons as 'n nuwe mens? - Deel 1
• Dien mekaar
• Wees ʼn voorbeeld vir ander

Bybelteks(te)

24'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.

1 KORINTIËRS 10:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

32Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie. 33Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word.

1 KORINTIËRS 10:32-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Man en vrou

21Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.

EFESIËRS 5:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar;

bewys eerbied teenoor mekaar

en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

ROMEINE 12:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

GALASIËRS 6:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. 6Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.

KOLOSSENSE 4:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

MATTEUS 5:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

22Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

JAKOBUS 1:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie.

2 PETRUS 1:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

'n Goeie gewete voor God

18Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. 19Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring.

1 JOHANNES 3:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS