Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 17

Iemand wat in Christus glo, is ʼn nuwe mens

Bybelteks(te)

17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.

2 KORINTIËRS 5:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

4Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

JOHANNES 3:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons gee geloofwaardigheid aan ons geloof deur te leef volgens die waarhede wat ons in God se ewige Woord ontdek het.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS