Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 19

Hoe leef ons as 'n nuwe mens? - Deel 2
• Groei in geloof

Bybelteks(te)

9Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,

FILIPPENSE 1:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

1Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap. Ons wil nie opnuut die fondament lê deur te praat oor die bekering uit 'n leefwyse wat tot die dood lei nie, of oor geloof in God,

HEBREËRS 6:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig

1 KORINTIËRS 1:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons bid vir julle

9Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

KOLOSSENSE 1:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.

1 PETRUS 2:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die nuwe wese moet groei en volwasse raak. Groei kom deur die lees en die hoor van God se Woord en deur saam met ander gelowiges te aanbid.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS