Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 16

Hoe sal ons weet dat al hierdie dinge waar is?
• Deur die getuienis van die Heilige Gees
• Deur die Woord van God

Bybelteks(te)

16Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,

JOHANNES 14:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

26en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

JOHANNES 14:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

8En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.

JOHANNES 16:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Daarom wil ek hê julle moet weet dat iemand wat sê: “Vervloek is Jesus”, nie deur die Gees van God praat nie; en niemand kan sê: “Jesus is die Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees.

1 KORINTIËRS 12:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

21God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, 22ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.

2 KORINTIËRS 1:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

105U woord is die lamp wat my die weg wys,

die lig op my pad.

PSALMS 119:105AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.

1 KORINTIËRS 1:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.

ROMEINE 10:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Heilige Gees is die derde persoon in die Drie-eenheid wat teenwoordig was sedert die begin en steeds onder ons woon.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS