Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 15

Die sleutel tot God se gawe is geloof - Deel 5
• Geloof beteken om aan Christus te behoort

Bybelteks(te)

4Dit is ook die geval met julle, my broers. Deur julle verbondenheid met die liggaam van Christus het julle gesterwe en staan julle nie meer onder die wet nie. Julle behoort nou aan iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom moet ons nou 'n vrugbare lewe lei in diens van God.

8As ons lewe, leef ons tot eer van die Here;

en as ons sterwe, sterf ons tot eer

van die Here.

Of ons dan lewe en of ons sterwe,

ons behoort aan die Here.

9Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes.

ROMEINE 14:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

23maar julle behoort aan Christus en Christus aan God.

1 KORINTIËRS 3:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

1 KORINTIËRS 6:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jy is duur gekoop met die bloed van Christus en daarom behoort jy aan Hom!

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS