Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 14

Die sleutel tot God se gawe is geloof - Deel 4
• Geloof beteken om jou vertroue in Christus te plaas

Bybelteks(te)

4Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: 5ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, 6in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.

7Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, 8ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. 10Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

FILIPPENSE 3:4-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Selfs ons beste dade is onvolmaak en deur sonde aangetas. Dit is tyd om jou vertroue in Christus te plaas en op te hou om op jou eie krag staat te maak.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS