Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 12

Die sleutel tot God se gawe is geloof - Deel 2
• Geloof beteken om jou vertroue in Christus te plaas

Bybelteks(te)

3As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. 4Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. 5Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

1 JOHANNES 2:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

23En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het. 24Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.

1 JOHANNES 3:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie,

1 JOHANNES 5:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

1Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.

2 KORINTIËRS 7:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

As jy doen wat Christus vra, gee jy egtheid aan jou geloof.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS