Bible Society of South Africa

Lewenswysheid – Dag 11

Die sleutel tot God se gawe is geloof - Deel 1
• Wat is geloof?
• Geloof is om in jou hart te glo voordat jy met jou oë sien
• Geloof beteken om in Jesus Christus te glo

Bybelteks(te)

Wat geloof is

1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

HEBREËRS 11:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

32En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. 33Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, 34gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. 35Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot 'n beter lewe deelagtig word.

HEBREËRS 11:32-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

7want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.

2 KORINTIËRS 5:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

9As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

ROMEINE 10:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

24“Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

JOHANNES 5:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

40Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”

JOHANNES 6:40AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om te glo, is om oortuig te wees van die waarheid en betroubaarheid van dit waarin jy glo en om jou optrede daarvolgens in te rig.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS