Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 9

Jesus: Die goeie herder.

Bybelteks(te)

14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.

JOHANNES 10:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Here is my herder

1'n Psalm van Dawid.

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

27My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

JOHANNES 10:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind,

hulle weet niks nie.

Hulle is almal stom honde,

hulle kan nie blaf nie;

hulle lê net,

hulle wil net slaap.

11Hulle is gulsige honde,

hulle ken nie so iets soos genoeg kry nie.

Hulle is herders sonder insig,

hulle slaan elkeen sy eie koers in,

elkeen is op sy eie voordeel uit.

JESAJA 56:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

27My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

JOHANNES 10:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

In hierdie vers is die intimiteit, die toegewydheid en die vertroue tussen die herder en die skape, tussen Vader en Seun, baie duidelik, asook die onselfsugtigheid van die herder wat bereid is om sy lewe af te lê vir die skape. Die herder is baie duidelik nie ‘n huurling nie. Hy sal nie weg hardloop en toelaat dat die wolf sy skape vang nie, of ‘n lammetjie wat in ‘n stroom geval het, laat lê nie. Hy sal hulle red en vertroos want hulle behoort aan hom en hy gee om vir hulle. Hy doen nie hierdie werk net om geld te verdien nie, maar omdat hy sy skape liefhet.

In hierdie hoofstuk van Johannes word ‘n baie teer prentjie geskilder van Jesus, die Messias, se verhouding met sy skape. Dit bou op die fondament van God wat die “Herder van Israel” is. Psalm 23:1 begin met “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” God het aan die leiers van Israel die verantwoordelikheid gegee om sy volk te versorg, maar lees in Jesaja hoe treurig hulle dit gedoen het: Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind, hulle weet niks nie … hulle lê net, hulle wil net slaap. Hulle is herders sonder insig, hulle slaan elkeen sy eie koers in, elkeen is op sy eie voordeel uit. (Jesaja 56:10-11). As gevolg van hulle mislukkings het God sy Seun wat Hy kon vertrou gestuur om ‘n reuse opdrag uit te voer. Hoe anders is Hy nie!

Die antieke Nabye Ooste se konsep van ‘n herder verskil ietwat van die van die Weste en gee ons beter insig waarna Jesus verwys wanneer Hy Homself as die goeie herder beskryf. Die herder van die antieke Nabye Ooste het geweet om sy skape te lei en nie aan te jaag nie, en sy skape het net op sy opdragte gereageer want hulle het sy stem geken. Die volgende interessante verhaal is opgeteken in “Manners And Customs of Bible Lands” ‘n Herder in Libanon is gevra of hy elke aand sy skape tel. Hy het gesê nee, en is toe gevra hoe weet hy dat al die skape daar is. Sy antwoord was toe: “Meneer, as jy my oë toebind en enige skaap na my toe bring en my toelaat om my hande op die skaap se gesig te sit, sal ek onmiddellik weet of dit myne is of nie.” Wat ‘n wonderlike beeld is dit nie vir ons as Jesus se volgelinge.

Jesus sê in Johannes 10:27-28 “My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Watter wonderlike woorde van versekering vir diegene wat Jesus as die goeie Herder ken.

 

Ken jy Hom?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS