Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 6

Jesus: Die revolisionêre Leermeester.

Bybelteks(te)

11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

MATTEUS 5:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

19“As iemand 'n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word: 20as hy iemand se been gebreek het, moet sý been ook gebreek word; as hy iemand se oog beskadig het, moet sý oog ook beskadig word; as hy iemand se tand uitgeslaan het, moet sý tand ook uitgeslaan word. Daar moet aan hom gedoen word wat hy aan sy medemens gedoen het.

LEVITIKUS 24:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die vervulling van die wet

17“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.

MATTEUS 5:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

20Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”

MATTEUS 5:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vergelding

38“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. 40As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. 41As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. 42Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”

Liefde vir die vyand

43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’

MATTEUS 5:38-43AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus, die Lig van die wêreld, openbaar nuwe denke in sy leringe wat sy tydgenote verstom het en wat vandag nog diegene wat met sy woorde besig is, verstom. Hy het sy lig in die donkerte van mense se lewens laat skyn en Hy het die wêreld omgekeer deur elke aanvaarde manier van geregtigheid en die Wet te bevraagteken wanneer Hy teen die sonde gepreek het. Sy begrip van sonde en geregtigheid was meer diepsinnig as wat mense toe, en selfs vandag nog, geglo het.

Jesus het Levitikus 24:19-20 geken. Hy het ‘n diepgaande en edel betekenis daaraan gegee toe Hy gesê het: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, … “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Matteus 5:38-43

Jesus pleit hier vir ‘n gees van liefde en verdraagsaamheid eerder as weerstand of wraak. Dit stel die persoon aan wie verkeerd gedoen word in staat om geestelik te groei deur te besef dat die persoon wat hom leed aandoen ‘n gevalle mens is – net soos hyself. Dit laat ‘n mens besef dat God nie met ons na verdienste van ons sondes handel nie, en ons moet dieselfde doen. God handel volgens geregtigheid. Jesus gee die voorbeeld van hoe God dit op almal laat reën, op die goeie en die slegte mense, en eindig dan deur sy gehoor te beveel om soos hulle hemelse Vader volmaak te wees. Ons kry baie geleenthede in ons lewens om dit te beoefen.

Jesus was ‘n revolusionêr, ‘n ware revolusionêr. Hy het gekom om die waardes en aanvaarde norme van sy tyd uit te daag op ‘n manier wat diegene wat na sy woorde geluister het, diep ontstel het, maar wat die lewens en begrip van sy volgelinge verander het. Hy het nooit teen God gepreek nie. Hy het van God gekom en het alles wat sy Vader gegee het, onderhou. Hy het egter gepraat teen diegene in magsposisies wat die dinge van sy Vader misbruik het en die mense geregtigheid ontsê het. “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.” (Matteus 5:17) Jesus se leringe het ‘n nuwe perspektief gebring: Hy het mense geleer wat die volle betekenis van ware geregtigheid is. Geregtigheid kom vanuit die hart.

Die streng uiterlike onderhouding van die wette sonder ‘n opregte begeerte om God te eer, was nie vir Hom aanvaarbaar nie. “Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” (Matteus 5:20) Met ander woorde die gees van die wet sowel as die letter van die wet moet volbring word. Diegene wat sy leringe aanvaar en Hom volg, weet nou dat God die ware Wet is. Saam met gehoorsaamheid aan hierdie nuwe interpretasie kom vervolging, maar ook seëninge want kennis van die waarheid maak ons vry.

Word jy vir die waarheid vervolg?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS