Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 5

Jesus: Die lig van die wêreld (2)

Bybelteks(te)

19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

JOHANNES 3:19-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

EFESIËRS 6:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

JOHANNES 8:32AFR83Maak oop in die Bybelleser

18hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard.

EFESIËRS 4:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vrydag het ons nagedink oor die lig en lewe wat Jesus van God bring. Ons het gehoor van die wonder van sy lig en die rykheid van die lewe waarmee Hy ons wil seën. Ons het geëindig met die vraag of ons in die lig leef, of nog in die duisternis is. Dit is baie belangrik dat elkeen van ons hierdie vraag eerlik antwoord want dit beïnvloed ons lewens, hoe ons leef, en die ewigheid.

Ondersoek ons die meegaande teksvers is dit baie duidelik dat daar nie ‘n middeweg is wanneer jy hierdie vraag beantwoord nie. Johannes skryf dat ‘n persoon wat slegte dinge doen die duisternis liefhet, want dit verberg sy dade. Hy haat die lig want dit ontbloot sy dade. Amal is baie bewus van die reg om self te besluit hoe ons dinge wil doen, maar enige aksie het positiewe of negatiewe gevolge. Hierdie gevolge sal bewys of ‘n persoon in die lig of in die duisternis leef. “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Johannes 8:32

Wanneer iemand “in die waarheid” leef, leef hy in ‘n gees van vryheid want sy gewete is skoon en hy is nie bang dat God na sy lewe kyk nie, net soos Adam en Eva in die Paradys. Wanneer ‘n persoon egter doelbewus verkeerde dinge doen, of hy nou afgode dien, die Here se Naam ydel gebruik, die rusdag ignoreer, sy ouers nie met respek behandel nie, moord pleeg, egbreuk pleeg, steel, leuens vertel, of sy naaste se goed begeer, die duisternis sal sy hele lewe affekteer en nie beperk wees tot net daardie spesifieke sondes nie. Selfs diegene wat in die lig leef en soms in van hierdie sondes verval, se lewens sal negatief daardeur geraak word. So kan ‘n mens die gevangene van jou sondes word en dit kan tot frustrasies lei, en ‘n gebrek aan begrip en sensitiwiteit vir die werkinge van die Gees sal toeneem.

Die gevolg is dat jy jou hart verhard teenoor reg en verkeerd en, uiteindelik, teenoor God. Efesiërs 4:18 lui: “Hulle gedagtes lei tot niks, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard.” Adam en Eva het vir God weggekruip nadat hulle ongehoorsaam was aan Hom, en toe besef het dat hulle kaal was en hulle daaroor geskaam het. Ons is ook kaal voor God, ons kan niks wegsteek nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS