Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 3

Jesus: Volkome mens en volkome God.

Bybelteks(te)

2U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak,

hulle blydskap groot gemaak.

Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly

soos mense bly is in die oestyd,

soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel.

17Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

MATTEUS 4:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

31Nou kom die oordeel oor hierdie wêreld; nou sal die owerste van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe.

JOHANNES 12:31AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”

4Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:

“'n Mens leef nie net van brood nie

maar van elke woord

wat uit die mond van God kom.

MATTEUS 4:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

6en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:

“Hy sal sy engele oor jou opdrag gee

“en:

“Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

7Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.

MATTEUS 4:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

9en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

10Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:

“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

MATTEUS 4:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die woorde van Jesaja hier bo kom uit die Ou Testament, maar word in die Nuwe Testament in Matteus, net voor vers 17 herhaal om ons te herinner aan die profesie wat God deur Jesaja gespreek het.

Dit is duidelik dat Jesus die “groot lig” is waarna Jesaja verwys het, die Een wat na die mense gekom het wie se lewe nog nie met die kennis van God gevul was nie. Mense wat nog in die donkerte van die sonde geleef het onder die gesag van “die owerste van hierdie wêreld” (Johannes 12:31), soos Jesus na die duiwel verwys het. Toe Jesus met sy bediening begin het, het hy onmiddellik die mense vermaan om hulle te bekeer: om weg te draai van die sonde want God kom om deur Hom (Jesus) te regeer. “Bekeer julle” beteken om weg te draai van die kwaad na dit wat goed is, van die donkerte na die lig, om jammer te wees oor dit wat ons verkeerd doen en om ‘n hartsverandering te ondergaan. Jesus het geweet dat dit baie moeilik is om dit te doen. Hyself het voordat Hy met sy bediening begin het, die subtiele versoekings van die duiwel in die woestyn beleef. Hy weet dat die duiwel altyd aanval wanneer ‘n persoon swak is.

Sy eerste versoeking was een wat die ganse mensdom beleef: kies jou eie weg eerder as om aan God onderdanig te wees en Hom te vertrou om in jou behoeftes te voorsien: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” (Matteus 4:3). Jesus se tweede versoeking was om doelbewus iets verkeerd te doen en sodoende God te toets om te sien of Hy Hom werklik sou bewaar: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.” (Matteus 4:6). En laastens was daar die versoeking om God oneer aan te doen en dinge op sy eie manier te doen eerder as op die manier wat sy Vader verlang: “En sê [die duiwel] vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” (Matteus 4:9)

Elke versoeking was ‘n poging om Jesus sover te kry om Homself te verheerlik. Maar Jesus het die wil van sy Vader geken en het gelowig en gehoorsaam aan Hom gebly, selfs toe Hy na ‘n vastydperk van 40 dae, swak van die honger was. Jesus, die lig van God, word hier as Jesus die mens versoek, maar Hy oorkom die duiwel deur elke versoeking te verwerp met dit wat Hy uit die Skrif aanhaal. “Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ”’ (Matteus 4:4) “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” (Matteus4:7) en “Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Matteus 4:10)

Is dit net die mense van daardie tyd wat in die donkerte van die sonde geleef het? Of sien ons vandag nog hierdie donkerte in enige land en onder individue wat nog nie deur die teenwoordigheid van God verlig is nie? Lewe jy in die lig of in die donkerte? Wat doen jy wanneer jy in versoeking kom?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS