Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 19

Jesus: Hoëpriester en Middelaar

Bybelteks(te)

Ons het Jesus as ons voorspraak by die Vader

1Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. 2Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

3As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken.

1 JOHANNES 2:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 6:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

FILIPPENSE 4:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die ou en die nuwe lewe

5Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is.

KOLOSSENSE 3:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie, 9en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek

KOLOSSENSE 3:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

38Is dit nie op bevel van die Allerhoogste

dat die kwaad sowel as die goeie te voorskyn kom nie?

39Wat kla 'n mens oor sy lewe?

Hy moet liewer sy sonde oorwin.

KLAAGLIEDERE 3:38-39AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

1 JOHANNES 1:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Gister het ons besin oor die behoefte aan verlossing en die realiteit van die menslike toestand: niemand is goed, volmaak of sonder sonde nie. Met verlossing deur Jesus Christus kom vryheid van sonde en die vermoë om God se gebooie te gehoorsaam. Deur sy gebooie te onderhou, weet ons dat ons Hom waarlik ontmoet het, maar ons is egter steeds verantwoordelik om aktief die bose en dit wat verkeerd is te weerstaan, en te kies om die regte pad te bewandel. Soos ons geestelik volwasse word, leer ons dat om ‘n leuen te vertel sonde is, en om ‘n moord te pleeg ook sonde is, en alhoewel ons mag dink dat om leuens te vertel nie so erg is as om moord te pleeg nie, ontdek ons dat in die oë van God is beide sonde ewe onaanvaarbaar, en “die loon wat die sonde gee, is die dood”. (Romeine 6:23)

God leer ons voortdurend in sy Woord wat sy standaarde is. In Filippense 4:8 lees ons: ” … alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” Probeer ons werklik om hierdie woorde uit te leef? Of: Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is.” (Kolossense 3:5) “Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie, en moenie vir mekaar lieg nie. … ” (Kolossense 3:8-9)

Ons almal sondig op verskillende maniere. Soos die sonde ‘n groter wurggreep op ons het, word die las swaarder, en soos ‘n dwelmverslaafde gaan ons sondaars terug vir meer, wat die las nog swaarder maak en die probleem vergroot. Sonde beroof ons van lewensvreugde, want dit vernietig ons vrede. Soms laat God toe dat iets in ons lewens gebeur wat ons tot stilstand bring en ons wys dat ons afgedwaal het van die pad wat na die lewe lei. Selfs wanneer God ons vergewe, mag daar nog gevolge wees as gevolg van vorige dade, en sommige mense verstaan dit as God se straf.

So byvoorbeeld kan ‘n moeder wat dwelms gebruik het gedurende swangerskap geboorte gee aan ‘n misvormde baba, of haar kindjie vroeg na geboorte verloor, self al het sy haar sondes bely en God om vergifnis gevra. Die Here vergewe ons as ons waarlik ons sondes bely, maar Hy neem nie noodwendig altyd die gevolge van die sonde weg nie. “Is dit nie op bevel van die Allerhoogste dat die kwaad sowel as die goeie te voorskyn kom nie? Wat kla ‘n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. (Klaagliedere 3:38-39)

Hoe ons hierop reageer is belangrik. Wat kan ons doen wanneer ons besef dat ons gesondig het?

Ons moet onthou dat Jesus Christus ons Hoëpriester en Middelaar is en dat Hy op hierdie aarde geleef, versoekings beleef en tog nie gesondig het nie. Hy sal ons saak stel en ons in staat stel om sonder sonde voor God te verskyn, gereinig deur sy bloed. Voor God moet ons ons sondes bely “… Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Johannes 1:9)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS