Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 18

Jesus: ons Verlosser.

Bybelteks(te)

7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God

EFESIËRS 1:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. 9Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

EFESIËRS 2:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

38Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur.

MARKUS 15:38AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Met sy eie bloed en nie met dié van bokke en kalwers nie, het Hy net een maal die heiligdom binnegegaan en 'n ewige verlossing tot stand gebring.

HEBREËRS 9:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

27'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. 28So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

HEBREËRS 9:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Ons het almal geword soos mense wat onrein is,

ons beste dade is soos vuil klere;

ons is almal soos verdroogde blare,

ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind.

20Daar is geen mens op aarde regverdig nie,

niemand wat net goed doen en nie sondig nie.

PREDIKER 7:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Daar staan immers geskrywe:

“Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie,

11daar is nie een wat verstandig is nie;

daar is nie een wat na die wil van God vra nie.

ROMEINE 3:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,

ROMEINE 3:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die afgelope naweek is ons harte gevul met blydskap en vreugde terwyl ons die opstanding van die Here Jesus Christus en die impak daarvan op ons lewens herdenk het. Ons het die Koning wat met oorwinning uit die graf opgestaan het, aanbid. Hy leef! Die graf is leeg. Die engele het die boodskap dat Jesus opgestaan het, bevestig. Hy het die dood oorwin en die vrees vir die dood vir ewig vir alle gelowiges verdryf. Hy het die prys betaal en leef vir ewig. Hy is ons Verlosser!

Op dié Vrydag was die wêreld donker want Jesus, die Seun van God is na die kruis om te sterf. Sy dissipels en die vrouens het hartseer op ‘n afstand gestaan en die gebeure dopgehou. Vir drie ure, van die middag tot drie-uur was dit donker. Hy het sy laaste asem uitgeblaas en sy gees in die hande van sy vader oorgegee. Op daardie oomblik toe Hy gesterf het, het “Die voorhangsel in die tempel … van bo tot onder middeldeur geskeur.” (Markus 15:38)

Wat het dit vir die wêreld beteken? Die weg na God was nou oop en Jesus het “net een maal die heiligdom binnegegaan en ‘n ewige verlossing tot stand gebring” en “nie met dié [bloed] van bokke en kalwers nie” maar “met sy eie bloed.” (Hebreërs 9:12) Jesus is ons Verlosser. Net soos ‘n slaaf sy vryheid kan kry wanneer iemand ‘n prys daarvoor aan sy eienaar betaal, het Jesus die prys vir ons betaal, met sy eie bloed en deur ons sondes op Hom te neem. Hy het ons van slawerny in diens van die duiwel en sonde losgekoop, en ons is vry! Ons kan deur Hom tot God nader, ons sondes bely en vergifnis, vrede en die ewige lewe deur sy Naam ontvang. Jesus se offer is volkome aanvaarbaar vir God.

“’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. (Hebreërs 9:27-28)

Vir God is sonde ‘n ernstige saak. Hy sou nooit toegelaat het dat sy Seun so wreed ly as dit nie noodsaaklik vir ons verlossing was nie. Ons moet nie onsself mislei dat omdat ons goeie lewens lei ons onsself kan red nie. Miskien probeer ons baie hard en voel selfs soms dat ons ‘n mate van sukses behaal, maar ons weet diep binne in ons dat dit nooit volgens God se standaarde aanvaarbaar sal wees nie. Jesaja herinner ons dat “ons beste dade is soos vuil klere”. (Jesaja 64:6) Salomo sê in Prediker 7:20 “Daar is geen mens op aarde regverdig nie, niemand wat net goed doen en nie sondig nie.”

(Prediker 7:20) En Paulus stem saam in Romeine 3:10-11 “Daar staan immers geskrywe: “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie.” Sommige mense bly weg van die kerk om skynheiliges te vermy, maar hulle mislei hulleself. Hulle is niks beter as diegene wat hulle veroordeel nie “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.” (Romeine 3:23)

God gee verlossing, maar die Oordeelsdag sal verskriklik wees vir diegene wat nie hulle vertroue in God se verlossende liefde, Jesus Christus, geplaas het nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS