Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 20

Jesus: Die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Bybelteks(te)

6Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

JOHANNES 14:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?”

JOHANNES 14:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring.

HANDELINGE 9:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

11en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.

EFESIËRS 5:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

37“Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus.

“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”

JOHANNES 18:37AFR83Maak oop in die Bybelleser

God is nie hulle Vader nie

31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

JOHANNES 8:31-32AFR83Maak oop in die Bybelleser

2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

HEBREËRS 12:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

FILIPPENSE 4:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die afgelope maand het ons besin oor wie Jesus is en oor die belangrikheid van sy lewe, dood en opstanding vir ons lewens. Vandag kyk ons na sy belangrikheid in die wêreld.

Toe Tomas vir Jesus gesê het: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” (Johannes 14:5) het hy eintlik ‘n vraag gevra wat betrekking het op alle mense, Jesus het dit baie duidelik gestel dat Hy die weg, die waarheid en die die lewe is en dat Hy die enigste weg na die Vader is. Hy is nie een van baie weë om van te kies nie, maar die enigste weg. Die vroeë kerk het hierdie konsep goed verstaan soos ons in Handelinge 9:2 (1933/1953-vertaling) lees wanneer Paulus (Saulus) bekendstellingsbriewe aan die sinagoges vra ” sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.”

Wat die waarheid betref het ons reeds besin oor die wonderlike realiteit dat Jesus na hierdie wêreld gekom het “vol genade en waarheid”. (Johannes 1:14) Dit is nie moeilik om te verstaan dat hierdie sentraal staan tot die essensie van wie Jesus is nie. Waarheid is iets wat in die lig ondersoek word en nooit in die donkerte nie, Jesus as die Lig van die wêreld verpersoonlik waarheid; diegene wat ander bedrieg moet wegbly van die lig want hulle, en hulle dade, sal nie ‘n noukeurge ondersoek kan deurstaan nie. Ons kan maar net na al die skandale rondom ons kyk om dit te bevestig.

Die waarheid beïnvloed ook die manier hoe ons dinge wat ‘n invloed op ons het, waardeer. Ons moet leuens, korrupsie en bedrog daadwerklik verwerp en dit geen plek in ons lewens gun nie. Paulus sê: “en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.” (Efesiërs 5:11) Hierdie dinge sal nooit die toests van die waarheid deurstaan nie so ons moet nie mislei word nie. Ons mag wel soms mislei word, maar as ons vashou aan die waarheid sal dit in die einde oorwin.

Toe Hy voor Pilatus verskyn het, het Jesus vir hom gesê: “Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” (Johannes 18:37) en Jesus het die Jode beloof “wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Johannes 8:31-32) Die wêreld moet deur die waarheid vrygemaak word.

Jesus verpersoonlik en is inderdaad die bron van alles wat liefde is, wat goed, edel en eerlik is in hierdie wêreld, en Hy is die sleutel tot die ewige lewe vir almal wat in Hom glo. Behalwe deur Hom is daar geen ander weg tot God nie. Laat ons ons altyd herinner om die oog gevestig [te hou] op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.” (Hebreërs 12:2) en deur dit te doen ons gedagtes te rig op die Een wat “… waar … edel … reg … rein … mooi [en] prysenswaardig is.” (Filippense 4:8)

Die Here seën jou.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS