Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 17

Jesus: Man van smarte.

Bybelteks(te)

3Hy was verag en deur die mense verstoot,

'n man van lyding wat pyn geken het,

iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.

Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

4Tog het hy óns lyding op hom geneem,

óns siektes het hy gedra.

Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,

wat deur God geslaan en gepynig word.

5Oor óns oortredings is hy deurboor,

oor óns sondes is hy verbrysel;

die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,

deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

6Ons het almal gedwaal soos skape,

ons het elkeen sy eie pad geloop,

maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

JESAJA 53:3-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus in Getsemane

36Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.”

37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.”

39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

MATTEUS 26:36-39AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus is die Here oor die sabbat

1In dié tyd het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet. 2Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”

3Maar Hy sê vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie? 4Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters. 5Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.

6“Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel. 7As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie. 8Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat.”

Die man met die gebreklike hand

9Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom. 10Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?”

Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry.

11Hy sê toe vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie? 12Hoeveel is 'n mens nie meer werd as 'n skaap nie? Dan mag 'n mens mos op die sabbatdag goed doen.”

13Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.”

Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een.

14Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring.

MATTEUS 12:1-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

46Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”

“Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord.

JOHANNES 1:46AFR83Maak oop in die Bybelleser

29Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi.

5Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie.

JOHANNES 7:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,

hy het nie gekla nie.

Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word

en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,

het hy nie gekla nie.

Kan ons Jesaja se profetiese woorde oor die Messias lees en nie geroer word deur sy beeld van die vreeslike lyding wat hierdie Man sou ondervind nie? Kan enigiemand hierdie woorde ernstig opneem sonder om die angs en lyding te ervaar wat hierdie Man moes verduur ter wille van mense, soos ons, wat deur ons eie wil soos skape dwaal? ‘n Mens wil uit jou hart uitroep “Onregverdig!”?

Dit is moeilik vir ons om te verstaan hoekom Hy so baie moes ly, totdat ons kyk na die verdorwenheid van die wêreld om ons en besef dat al die boosheid “was op hom”, oor “óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel”. Die wêreld het ‘n verlosser nodig gehad en net Een kon die prys betaal, Jesus die sondevrye Seun van God.

As die Christus het Hy gewillig gely, in gehoorsaamheid aan sy Vader se wil, vir die verlossing van die wêreld. Hy het baie in hierdie wêreld gely. Hy is deur die Fariseërs verwerp wat, ongeag sy kennis van die Skrif en die feit dat Hy die waarheid met reg en gesag gepraat het, sy revolusionêre interpretasie van die wet verag het. (Matteus 12:1-14) Hy was van Nasaret afkomstig, die plek waarvan Natanael gesê het: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” (Johannes 1:46) Hy is deur al die inwoners, sowel as deur sy eie broers en susters as ‘n profeet verwerp (Lukas 4:29, Johannes 7:5).

Hy is tot die dood verraai deur een in sy eie binnekring, en toe Hy gearresteer is, het al sy ander vriende uit vrees vir hulle lewens weggehardloop. Hy het ‘n onwettige, onregverdige verhoor gehad en is erg geslaan. Daarna is Hy uitgelei om aan ‘n wrede kruis te gaan sterf, omring deur die mense vir wie Hy sou sterf wat Hom spot en beledig. “Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.” (Jesaja 53:7)

Sal ons sulke verwerping, verraad en onregverdigheid kan hanteer? Hoe het Jesus dit gedoen?

Gebed en gehoorsaamheid aan God was prioriteit in Jesus se lewe en daardeur stel Hy ook vir ons die voorbeeld. Nadat Hy die Pasga maal, ryk aan simboliek, geëet het, het Jesus skuiling gesoek in die Tuin van Getsemane waar Hy sy hart teenoor sy Vader uitgestort het. In Hom het Hy krag gevind, en standvastigheid wat Hom deur sy lyding gedra het.

Indien ons die behoefte aan God in ons lewens erken, sal Hy ons ook help. Erken jy die behoefte aan Hom in jou lewe?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS