Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 16

Jesus: Die Messias.

Bybelteks(te)

Die intog van Jesus in Jerusalem

12Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. 13Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep:

“Prys Hom!

Loof Hom wat in die Naam

van die Here kom!”

en:

“Die Koning van Israel!”

14Jesus het toe op 'n jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan:

JOHANNES 12:12-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die koning sal kom

9Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!

Jou koning sal na jou toe kom.

Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar,

hy is nederig en hy ry op 'n donkie,

op die hingsvul van 'n donkie.

24Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. 25Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.

JOHANNES 12:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om Jesus te volg

23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,

Vandag gesels ons oor Jesus se triomftog na Jerusalem op ‘n donkie, wat ‘n vervulling was van die profesie in Sagaria 9:9: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.” Watter wonderlike ondervinding vir die dissipels om teenwoordig te wees wanneer ‘n deel van die Skrif vervul word, alhoewel hulle dit eers later besef het. Die mense ervaar dat Jesus in vrede kom want Hy ry op ‘n donkie en nie op ‘n oorlogsperd nie, en die opgewondenheid in die skare is groot want die nuus dat Hy Lasarus uit die dood opgewek het, het ook versprei. Stel jou voor om deel van daardie lewendige skare te wees wat die Koning verwelkom het.

Baie van hulle het sy leringe gehoor en het die wonderwerke gesien wat Hy gedoen het, hulle het die geleentheid om Hom as Messias aan te kondig verwelkom. Messias in Hebreeus, of Christus in Grieks beteken die “Gesalfde Een” vir beide Jode en Christene., die Verlosser wat die mense vry sal maak. Die Jode het gewag vir ‘n messias wat hulle fisies van die tirannie van die Romeinse Ryk sou verlos. So baie van diegene wat daardie dag in Jerusalem was, kon nie verstaan dat Jesus in vrede gekom het om iets baie waardevoller te doen nie: om mense van die slawerny van sonde en van die dood te verlos en om die koninkryk van God wat ‘n ewige beloning sal bring op aarde te vestig.

Baie mense maak vandag nog dieselfde fout: hulle kyk verby die sagmoedige Jesus wat in vrede kom en soek ‘n aardse leier om hulle probleme op te los en ‘n einde aan hulle swaarkry te bring. Hulle soek op verskillende plekke vir ‘n messias om hulle te verlos: ‘n politieke leier, ‘n filosoof, ‘n godsdienstige leier, ‘n menseregte aktivis, ‘n musikant, filantroop, bankier, sielkundige of onderwyser, om maar net ‘n paar te noem. Dit maak nie saak hoe begaafd en aantreklik enige van hierdie mense mag wees nie, hulle sal nooit dit waarna mense soek, kan bevredig nie want daar is slegs een Gesalfde, Jesus Christus, die Verlosser van die wêreld. Daar is slegs Een wat bereid was om te sterf vir onwaardige, sondige mense.

Vir Jesus om verheerlik te word, moes Hy sterf, nie deur ‘n onbevoegde skare as ‘n aardse messias aangewys word nie. So moeilik as wat dit ook al vir ons is om te verstaan, dit was duidelik vir Hom en Hy het dit op ‘n eenvoudige manier verduidelik: “… As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.” (Johannes 12:24) Hy moes sterf voordat Hy opgewek is tot die lewe en soveel meer deur die krag van die Heilige Gees kon bereik. Dieselfde is waar vir sy volgelinge: “Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.” (Johannes 12:25) Jesus sê ook in Lukas 9:23 “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg”.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS